Maak skoon voor jou eie deur!

24/10/2024News

“As elkeen voor sy eie deur skoonmaak, sal Hartbeespoort baie beter lyk!”

Raadslid Martiza du Plessis tydens die skoonmaak.

So sê Madibeng-raadslid, Martiza du Plessis, wat verlede naweek saam met haar man en die Tolblik-span, Franz en Jacky Wichmann en hul werkers, die vuil perseel oorkant Village Mall opgeruim het.
“Ons het klein begin omdat ons ‘n saadjie wou plant by almal in Hartbeespoort. Deur net voor jou eie deur skoon maak, gaan dit reeds ‘n groot verskil maak. Dit is egter ‘n voortdurende proses en ons sal waarskynlik oor ‘n maand weer moet skoonmaak. Ek glo dat dit wel ‘n voorbeeld gaan stel en dat dit al hoe makliker sal gaan om mense betrokke te kry,” sê sy.
“Ons wil elke besigheid en inwoner in Harties uitdaag om ‘n straat of ‘n hoek “aan te neem” en skoon te maak. Saam kan ons ‘n verskil maak! Ek wil vir Tolblik bedank dat hulle vir ons ‘n “skip” en hulle werkers beskikbaar gemaak het.”