Man dood toe hy in Silkaatsnek-landgoed se muur vasry

‘n Man is Sondagaand opslag dood toe sy voertuig in die muur van die Silkaats-landgoed op die R513 in De Wildt vasgery het.

Geen ander voertuig was betrokke nie. Die man is op die toneel deur paramedici van Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) dood verklaar. (Foto: HEMS)