‘n Man is dood en nog twee is ernstig beseer toe hulle Maandagoggend in die reën in ‘n stilstaande trok op Silkaatsnek vasgery het.

Twee trokke het Sondag reeds op Silkaatsnek onklaar geraak en is deur die bestuurders daar gelaat. Geen waarskuwingstekens is agter die trokke geplaas nie. Die bakkie met drie insittendes het Maandagoggend ongeveer 07:00 in die mistige reënweer agter in die trok vasgery. Die man is op die toneel dood verklaar en nog twee mense is in ‘n ernstige toestand deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer. (Foto: HEMS)