‘n Man is Sondag in hegtenis geneem na hy ‘n skoot by ‘n sokkerwedstryd op ‘n plaas naby Brits afgevuur het.

Volgens Chris Degenaar van Tactical K9 sekuriteitsdienste, het ‘n groot sokkerwedstryd Sondag tussen twee spanne in die omgewing op ‘n plaas in Kleinfontein plaasgevind.
“‘n Onderonsie tussen ‘n groep toeskouers het ontstaan en ‘n man het ‘n vuurwapen uitgehaal en ‘n skoot afgevuur. Ons reaksiespan is ontbied, maar die verdagte was klaar weg. Die span het hom egter ‘n ent verder in sy motor opgemerk en hy is van die pad gedwing en in hegtenis geneem. Die vuurwapen is by hom afgeneem en die verdagte en vuurwapen is aan die Brits polisie oorhandig,” het Degenaar gesê.
‘n Saak van rig van ‘n vuurwapen word ondersoek.