Van die rowers se klere is gevind.

Die eienaar van ‘n wildreservaat is in ‘n kritieke toestand na hy en sy vrou Dinsdagaand wreed deur rowers op hul wildreservaat by Brits aangeval is.


Volgens die Krokodil Gemeenskapbeskermingsgroep (KGBG), is Gert en Celia Scheepers van Dube Privaat Wildreservaat tussen 19:00 en 20:00 deur twee of meer rowers aangeval en ernstig aangerand.
Volgens Quintin Dunn van PPS Sekuriteit wat eerste op die toneel was, hert sekuriteitswagte op die perseel onraad vermoed en ‘n toesighouer ontbied wat waarskuwingskote afgevuur het. Die rowers het met ‘n televisiestel, selfoon en beursie gevlug. “Die besonderhede van die aanval is nog onduidelik aangesien die man ernstig beseer is en sy vrou was in skok.”
KGBG-lede was kort hierna met spoorsnyers en ‘n hommeltuig op die toneel om na die rowers te soek.
“In ‘n stadium moes ons naby hulle gekom het want ons het van hul klere gevind wat hulle met die vlug laat val het. Die spore is tot by die Best End-vulstasie op die Letlhabile pad gevolg,” het Janus Fourie van KGBG gesê.
Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het die egpaar hospitaal toe vervoer. “Die man het ernstige hoofbeserings en ander beserings aan sy liggaam opgedoen. Die vrou is nie ernstig beseer nie,” het Leandre Spies van HEMS gesê.
Die polisie ondersoek die aanval.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident