Hannes Robbertze (59)

“Al was hy gewond, het hy teruggehardloop kamer toe om sy vuurwapen te kry om my te beskerm.”


Só het Daleen Robbertze (63), dié week gesê na haar man, Hannes (59) verlede Vrydagnag twee keer geskiet is toe die egpaar op hul plaas by Barnardsvlei buite Brits oorval is. Hannes is in die been en arm geskiet en word tans in die Life Peglerae-hospitaal in Rustenburg behandel.
Hannes en Daleen het het geslaap toe die aanvallers kort voor middernag ‘n venster van hul huis gebreek het.
“Hannes het wakker geword van geluide en het opgestaan om ondersoek in te stel. Hy het een man in die huis aangetref, nog een was besig om deur die venster te klim, en twee was buite. Die aanvallers het op hom losgebrand en hy is twee keer getref. Hy het egter teruggehardloop kamer toe, sy vuurwapen gegryp en waarskuwingskote afgevuur. Die rowers het gevlug,” het sy vertel.
Daleen het eers wakker geword toe die skote klap. “Toe Hannes terugkom in die kamer het hy langs die bed inmekaargesak en gesê hy moes net eers seker maak hulle kom nie by my uit nie.”
Die Mooinooi polisie ondersoek sake van huisbraak en poging tot moord.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident