‘n Unieke teater en kunsgalery open sy deure dié naweek op Silkaatsnek in De Wildt!
Die Martoetsie Teater en Kunsgalery bied Sondag, 3 September, sy openingskonsert om 15:00 aan. Die oulike teater op die plaas van Faan Naudé is beslis ‘n besoek werd. Dit word opgedra aan sy dogter en bekende musikant, Marté van Heerden, wat vroeër vanjaar oorlede is.
Self toegang is uniek: ‘n inheemse blomplantjie of -boompie of so iets…
Besoekers kan uitsien na musiek uit die hoogste rakke deur die bekende klavierspeler, “Wessel van Wyk, tjellis Berdine van Schoor, violis Adri Naudé Scholtz, fluitspelers Mariza Schutte en Roelien Voster en ander bekendes uit die omgewing. Ander aanbiedings sal videogrepe van Pauli en Pierre Produksies, Paul Kruger, Theuns Hanekom en Hanri Smith insluit.
Verversings is gratis. Bring eie stoele as jy dalk buite onder die bome wil sit en luister.
Vir meer inligting en aanwysings na die teater, kontak Faan by 072 538 5678.
Sien later by die Martoetsie Teater!