Massapatrollies in Hartbeespoort, Brits

Buurtwag- en ander veiligheidstrukture in Hartbeespoort en Brits het verlede week massapatrollies gedoen as deel van ‘n bewusmakingsveldtog om gemeenskapveiligheid gedurende die feesseisoen te bevorder.

Brits-massapatrollie

In Hartbeespoort het die polisie, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye Saterdagaand die dorp en landelike gebiede gepatrolleer. Hartbeespoort-polisidebevelvoerder, kolonel Willie Robbertse sê dat sigbare polisiëring noodsaaklik is om misdadigers af te skrik.
In Brits het die AfriForum-buurtwag Vrydagaand ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in dié dorp te verhoog gedurende die feesseisoen.

Die doel van die patrollie was om misdaad hok te slaan deur verhoogde sigbaarheid te handhaaf. Altesaam 107 patrolleerders, met 55 voertuie, het 1 979 km tydens die patrollie afgelê. Die patrollie het van 21:00 tot 04:00 die volgende oggend plaasgevind.
Die veiligheidstrukture het almal bedank wat aan die patrollies deelgeneem het.

Hartbeespoort-massapatrollie