Meerhofatlete breek rekords

Jacques Lourens en Mackayla de Wet, atlete van Meerhofskool het besondere prestasies by die Interskole Atletiekbyeenkoms vir die Tshwane-Noord LSEN skole behaal.

Jacques is Junior Victor Laudorum en het die rekords laat spat in beide hoogspring asook 800m in die onder 12 seunskategorie. Mackayla het ‘n nuwe rekord in die 100m opgestel in die dogters onder 16 afdeling.