Meerhofskool-leerders het die kwartaal afgesluit met kreatiewe idees om tradisionele tasse in die kas te bêre en ander maniere te kry om hulle boeke skool toe te bring.

Die junior wenners is Ntsako Lompo (Ntsako se “tas” was baie spesiaal, dit was sy dra-sak toe hy ‘n baba was), Keitumetse Seefane met haar voëlhokkie en Byron Matthee se opgetofte asblik.