‘n Motorfietsryer is Vrydag ernstig beseer toe hy langs die N4-hoofweg naby die Brits Plaza-tolhek met sy veldmotorfiets gegly en geval het.

Paramedici van die Hartbeespoort Emergency Medical Service het die pasiënt op die toneel behandel voor hy per noodhelikopter na ‘n spesialishospitaal in Johannesburg gevlieg is.