n Motorfietsryer is Dinsdagoggend ernstig beseer in ‘n botsing met ‘n voertuig op die Wagpospad by Oukasie, Brits.

Die beseerde is deur die Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) paramedici op die toneel behandel voor hy na ‘n hospitaal vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.