‘n Man wat agter op ‘n bakkie gesit het, is Vrydagoggend dood toe die bakkie met ‘n trok op die R511 Hennopsrivierpad gebots het.
Volgens inligting het die bestuurder van die bakkie beheer oor die voertuig verloor en met die trok gebots. Die man is op die toneel dood verklaar. Nog vyf mense is in die ongeluk beseer en is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer. (Foto en inligting: HEMS)