Nel 2 Apteek in Brits bring die medisyne na jou plaashek toe!

Sydney Khubyane, Deán Krause en Joe Martins.

Dié apteek, deel van die Arrie Nel-groep, bied ‘n gratis afleweringsdiens aan vir inwoners van Brits en die omliggende areas, veral op die plase wat die boere, hul gaste en die werkers nie altyd geleentheid het om in te kom dorp toe nie.
““ Ons probeer dit so maklik as moontlik maak vir die lede van ons gemeenskap buite die dorp om nodige medikasie te bekom.
Ons het ‘n spesiale WhatsApp-lyn waarop medisyne of voorskrifte bestel kan word. Die medikasie kan van mediese fondse geëis word, of met bankkaarte en kontant betaal word. Indien die sein swak is aanvaar ons elektroniese oorbetalings,” sê Dean Krause van Nel 2 Apteek.
Tans lewer Nel 2 Apteek ondermeer in Bethanie, Dennekruin, Letlhabile, Mamogalieskraal, Dalunie en verskeie ander omliggende gebiede af. “Dit is vir ons belangrik dat mense toegang het tot medisyne en ons sal altyd probeer help waar ons kan.” Van Maandag tot Vrydag word bestellings wat voor 09:00 geplaas word dieselfde oggend afgelewer. Bestellings hierna voor 13:00 word die middag afgelewer. Saterdae sal bestellings voor 10:00 afgelewer word.
“Ons wil ‘n diens lewer aan diegene in ons gemeenskap wat weens werkskedules of vervoertekort nie by die apteek kan uitkom weens ‘n siektetoestand nie.”
Aflewerings is gratis. Elke bestelling word individueel hanteer en indien alternatiewe reëlings getref moet word vir aflewering, sal dit aan die kliënte gekommunikeer word.
“Familiewaardes is die ‘n grondslag van ons besigheid en ons wil graag daardie waardes terugploeg in die families in ons gemeenskap. Ons poog om uit ons waardegedrewe dienslewering iets unieks aan te bied vir die hele gesin, soos gratis geur van slegte antibiotika, gratis registrasie van chroniese medikasie by mediese fondse, en baie meer.”
Hierdie dienste word ook vir plaaswerkers aangebied. “Ons weet dat hulle nie altyd geleentheid het om na klinieke te gaan nie. Ons farmakoterapie word vir werkers en hul gesinne aangebied.”
Nel 2 Apteek bring apteekdienste tot by jou plaas se hek.
Kontak Nel 2 Apteek in Brits by 012 252 6735/6030 of 063 678 4851.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident