Dit blyk na die aflewering van nuwe instandhoudingsvoertuie by die Madibeng munisipaliteit, is daar nuwe oplewing in die Madibeng munisipaliteit se dienslewering en motivering om die omgewing op te knap.
Die munisipaliteite het verlede week begin om die verwaardlose en onooglike begraafplase in die Brits-omgewing op te knap en Hartbeespoort se begraafplaas is glo ook op die lys. Hartbeespoort se begraafplaas is egter einde verlede jaar reeds deur die gemeenskap opgeknap. Munisipale werkers is deesdae ook in Hartbeespoort se strate te sien waar hulle slaggate in paaie herstel. Inwoners hoop nou die nuwe ‘besems’ vee nog ‘n hele ruk skoon.