Die Om Die Dam-organiseerders het Dinsdag fondse, wat met die ultramarathon ingesamel is, aan Meerhofskool en Huis Lesedi geskenk.

Elk het R15 000 ontvang. Meerhofskool is ‘n skool vir gestremde leerders en Huis Lesedi is ‘n hawe vir weesbabas. Dié twee instansies ontvang jaarliks skenkings van Om Die Dam. “Huis Lesedi en Meerhofskool lê ons baie na aan die hart,” sê Werner Nagel, organiseerder van Om die Dam.
