Saad en onkruiddoder diefstal is aan die toeneem op plase in die Brits-gebied en boere word gewaarsku om lotnommers van dié items te bewaar.

Volgens Chris Degenaar van Afrique du Sud landelike sekuriteit, word al hoe meer diefstal van onkruiddoder en saad aangemeld. “Ons wil boere bewus maak van dié tendens en versoek boere om die lotnommers van die saad en onkruiddoder te dokumenteer en te bewaar. Boere word ook versoek om hul sekuriteit by bergingfasiliteite op te skerp.”
Die publiek word gewaarsku dat as hulle gesteelde saad of onkruiddoder koop, hulle as medepligtiges in hegtenis geneem sal word.
“Daar kan ook ‘n klag van die besit van gesteelde eiendom teen hulle geopen word,” sê Degenaar.