Die Ifafi/Melodie Buurtwag en inwoners het verlede naweek ingespring om self hul omgewing mooi te maak en die munisipaliteit se gebrek aan onderhoud aan te spreek. Hul eerste projek is die verwaardloosde sirkel by die Dreiers-sentrum.

“Dit lyk so sleg daar en Envirotek hou die sirkel daar naby so mooi en netjies, dat ons besluit het om as buurtwag bymekaar te staan en self ons omgewing te verfraai,” sê Marius de Villiers, voorsitter van die Ifafi/Melodie Buurtwag.

Meer as 20 buurtwaglede en inwoners, in samewerking met Afriforum, het Saterdag bymekaar gekom om die eiland skoon te maak en gereed te kry vir plante. “Ons gaan die komende naweek voort om te plant en die randstene by die sirkel te verf sodat die mense die sirkel kan sien,” spot hy. “Motoriste gebruik die sirkel soos hulle wil, dalk as dit duideliker en mooier is, sal hulle moontlik kan sien hoe mens ‘n sirkel gebruik.”

Na dié projek voltooi is, sal die span na Schubartstraat beweeg om die vleiland skoon te maak en die bome, wat ‘n paar jaar gelede aangeplant is, in stand te hou. “Ons sal elke naweek ‘n paar uur afstaan om self ons omgewing te verfraai tot ons tevrede is met hoe dit lyk. Baie dankie aan almal wat ingesping het om te help.”

Inwoners wat wil help, is welkom om Saterdag by die span aan te sluit.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident