Kardiewe is steeds besig om in Hartbeespoort toe te slaan en die afgelope week is vyf karre en twee sleepwaens gesteel. Pogings tot kardiestal is ook by die Hartbeespoort polisie aangemeld.

In al die voorvalle is Toyota-voertuie gesteel.
Kardiewe het hier toegeslaan:
Toyota Hilux by die Hartbeespoort Hoërskool
Toyota Fortuner in Jan Smutslaan in Meerhof
Toyota Fortuner by Wimpy in Schoemansville
Toyota Hilux by Crossroads-sentrum in Melodie
Toyota Etios in StMonicastraat in Schoemansville
Sleepwaens is in Schoemansville en Rietfontein gebuit.
Romano van der Spuy, voorsitter van die Hartbeespoort GPF, het dié week weer sy kommer uitgespreek oor die vlaag van kardiefstalle in die gebied. “Dit is kommerwekkend en ons vra weer vir motoriste om versigtig te wees en alle moontlike maatreëls te volg om hul voertuie teen kardiefstal te beskerm.”