Paramedici moes Sondagoggend, 10 Januarie, krokodille trotseer om mense te red wat met ‘n ligte helikopter in die Krokodilrivier by Brits neergestort het. Een persoon is in die ongeluk dood.


Volgens Leandre Spies, woordvoerder vir Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS), is HEMS ongeveer 11:45 na die toneel net buite Brits ontbied waar die helikopter met drie insittendes in die Krokodilrivier neergestort het. “Die vlieënier kon daarin slaag om uit die helikopter te kom en na die wal te swem om hulp te ontbied. Met HEMS se aankoms op die toneel was daar nog twee mense in die helikopter vasgekeer.”
Paramedici, met die hulp van bystaanders, het na die helikopter geswem om die passasiers te bevry terwyl krokodille in die nabyheid rondgeswem het. “Die paramedici kon daarin slaag om ‘n vrou uit die wrak te bevry en het met haar na veiligheid geswem. ‘n Man in die wrak was egter reeds dood,” het sy gesê.
Die vlieënier is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer en die vrou is per noodhelikopter na ‘n hospitaal in Johannesburg gevlieg.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Also Read:

  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits
  • Categories: News
    Local flower wins another international award