‘n Familie van De Kroon naby Silkaatsnek het onlangs erkenning van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ontvang vir hul bydrae tot Afrikanererfenisbewaring.

Die Briel-familie sien die afgelope 60 jaar om na die Transvaalse Burgeroorlog-monument by die Karee-vredesboom waar die Transvaalse Burgeroorlog op 15 Januarie beëindig is,
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het erkenning gegee aan die Briel-familie, wat sedert die oprigting van die monument in Julie 1961 op hulle plaas, die monument in stand hou.
Hennie en Adrien Briel, wat op hierdie familieplaas woon, sê dit is ’n voorreg en plesier om na die gedenkwaardigheid om te sien nes hulle voorouers het.
Volgens Briel was sy voorouer, Chrisjan Gehardus Johannes Briel, self daar gewees met die ondertekening van die 1864-vredesverdrag.
Op 15 Januarie 1864 het die Transvaalse Burgeroorlog geëindig in die skaduwee van ’n enorme ou kareeboom waaronder die strydende leiers byna ’n week lank beraadslaag het om vrede te maak. Dit is in 1961 tot ’n historiese gedenkwaardigheid verklaar.
Barry Müller, projekorganiseerder van die FAK-Kultuurnetwerke in Gauteng en Noordwes, sê erfenisbewaring is van kardinale belang.
“Dit is regtig inspirerend om te sien hoe Afrikanergesinne die leisels oorneem by hulle voorgeslagte, om só die behoud en toekoms van ons gedenkwaardighede te verseker. Mag die Briel-gesin meer Afrikaners inspireer om dieselfde te wil doen,” sê Müller.

Die karee-vredesboom waar die Transvaalse Burgeroorlog op 15 Januarie beëindig is, het doodgegaan nadat hy aan hoëspanningsdrade geraak het en nuwe lote het die huidige boom gevorm.
Die Transvaalse burgeroorlog het in 1860 uitgebreek en het tot 1864 geduur toe die vredesverdrag hier op die Briel-plaas onderteken is.