“Een van die moeilikste uitdagings van ‘n egskeiding, waar jong kinders betrokke is, is om die egskeidingsproses aan hulle te verduidelik, hul te lei en behoorlik by te staan. Biblioterapie is ‘n uitstekende meganisme om kinders te help om egskeiding te verstaan en te verwerk,” sê Lizelle Stoltz, ‘n Hartbeespoort-prokureur en familiereg mediator wat pas ‘n kinderboek gepubliseer het om kinders deur hierdie moeilike tyd te help.
“Pikkie se ouers skei” is ‘n pragtig, geillustreerde prenteboek, geskik vir kinders vanaf 4 jaar oud, wat dien as hulpmiddel om gesprek tussen ouer en kind te open. Dit dek die hooftemas in ‘n egskeiding en poog om kinders te help om hul emosies te verbaliseer en kommunikasie tussen ouer en kind te verbeter.
“Ek het13 jaar as advokaat en prokureur gepraktiseer en hoofsaaklik egskeidings gedoen. Ek was ‘n ‘pitbull’ in die hof, maar toe word my dogtertjie in 2013 gebore en dan kyk mens ander na die wêreld en hoe egskeidings kinders beïnvloed. Ek is gereeld deur ouers gevra hoe hulle die nuus aan die kinders oordra, hoe die moeilike vrae beantwoord moet word en hoe dit vir die kinders makliker gemaak kan word. Daar is dikwels nie geld vir terapie nie en die ouers het ‘n behoefte aan hulp op dié gebied,” sê Lizette. Dit het haar aan die dink gesit en sy het besluit om as ‘n familiereg moderator te kwalifiseer.
“Ek help egpare om egskeidings suksesvol te skik. As die konflik weggevat word, is die proses soveel makliker vir almal.Ek het terselfdertyd begin navorsing doen oor hulpmiddels vir ouers wat besig om te skei en hul kinders wil bystaan in dié tyd. Daar is bitter min literatuur oor hoe om aan kinders te verduidelik wat egskeiding is en die lewe daarna, en niks in Afrikaans nie. Ek het besluit om ‘n kinderboek te skryf.”
Na gesprekke met sielkundiges en baie navorsing, het ‘Pikkie Pikkewyn,’ wie se ouers skei, en sy beste maat, Skillie Skilpad, in 2016 die lig gesien. Skillie is die karaktertjie wat Pikkie moed in praat en hom verseker sy ouers is lief vir hom, dat dit nie sy skuld is nie en dat jou huis is waar jou hart is. Lizelle het dierekarakters vir haar boek geskies omdat navorsing bewys het kinders reageer beter op dierekarakters.
“Ek het die boek aan ‘n uitgewer gestuur, maar hulle het nie belang gestel nie. En toe behaal ek verlede jaar die hoogste kwalifikasie om die boek te skryf… ek is self geskei,” lag sy. Kort hierna het sy met ‘n vriendin, Marilize Janse van Rensburg, gesels wat ‘n kunstenaar en kuns-onderwyseres is en hulle het besluit om die boek te illustreer en self uit te gee.

“Marilize het lewe in Pikkie kom blaas en saam met my gedroom en ‘Pikke se ouers skei’ prenteboek is in die lewe geroep. Dit is een van my ‘bucket list’ kinderdrome wat nou waar geword het. Ek wou nog altyd ‘n kinderboek skryf.”
Die doel van die prenteboek is om die beginpunt van die egskeidingsproses vir mense met kinders te wees, en as om hulpmiddel te dien ten einde gesprek tussen ouer en kind te inisieer. Ek wou dit op die kinders se vlak verduidelik en ek het die pikkewyn as hoofkartaktertjie gekies omdat die Magellaanse pikkewyn die mees getroue dier in die diereryk is. Hulle reis derduisende kilometers gedurende die lang wintermaande terurg na hul ‘lewensmaats’ en het net een maat in hul leeftyd. Net soos die pikkewyn, dink enige getroude paartjie ook hul huwelik sal die lang wintermaande deurstaan.”
Lizelle meen die finale besluitneming om te skei is die moeilikste proses deur die egskeiding. “Maar dit is ook waar dat na hierdie besluit geneem is, dinge gewoonlik effe makliker is omdat dit finaliteit bring.’n Ouer vir wie dit prioriteit is dat sy of haar kinders ingelig en geken word in die egskeidingsproses, is volgens my ‘n ouer wat werklik die beginsel “in die beste belang van die kind” verstaan en beoefen.”
Die boek het ook ‘n handige ouergids wat ouers bemagtig en lei om kinders beter by te staan. Pikkie se ouers skei kan as hulpmiddel gebruik word deur ouers, terapeute, maatskaplike werkers en mediators.
En dit is beslis nie haar laaste boek nie,. sê Lizelle. “Ek gaan eers nou die boek in Engels vertaal en dan bveplan ek ‘n reeks Afrikaanse selfhelp, prenteboeke en produkte wat gebruik word deur ouers wat skei, sielkundiges, spelterapeute en maatskaplike werkers as hulpmiddels volwassenes en kinders. Ons wil binnekort ook Pikkie en Skillie sagte speelgoed, bekend stel om terapeute in die terapieproses te help.”
‘Pikkie se ouers skei’ is tans beskikbaar by is beskikbaar vir aankope by die kantore van The Legal Masterclass op die hoek van Scott & Hertzogstraat. Schoemansville, en binnekort op Takealot. Vir meer inligting, besoek Pikkie&Co Facebook-blad of www.pikkie.co.za.