Probleem-park in Brits skoongemaak

Afriforum Brits, sekuriteitsmaatskappye, polisiebeamptes, besighede en lede van die gemeenskap het laas week ingespring en Damara Park in Brits skoongemaak na die park die afgelope jare ‘n afsetgebied vir dwelms en prostitusie geword het. Mense het ook reeds in die park begin plakkershutte opslaan.

Na toestemming van die Madibeng munisipaliteit verkry is, het sekuriteitsbemaptes onder toesig van die polisie, strukture wat onwettig beset is afgebreek. Tydens die aksie is daar dwelms op die perseel gevind.

Plakkers is met hulle besittings na ‘n informele nedersetting vervoer.

“Ons bedank Afriforum en almal wat saamgewerk het. ‘n Gemeenskap se krag lê in hoe hulle kan saam werk om ‘n verskil te maak,” het Elsa Lourens, VF+-raadslid gesê.