Die AfriForum-tak in Brits en Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak het in September saamgewerk aan die Projek Hoop om ‘n gemeenskapsentrum in Geluk by Brits op die been te bring.

Dié projek behels onder meer die opknapping van Laerskool Geluk en om die sentrum op hierdie perseel te vestig. Die gemeenskapsentrum sal aangewend word vir lede van die gemeenskap om verskillende vaardighede te ontwikkel.
As deel van AfriForum se jaarlikse boomplantmaand is daar ook tien vrugtebome op die perseel geplant.
“Dit is vir ons as AfriForum-tak ’n groot voorreg om hande te vat met ander organisasies, saam is ons verantwoordelik vir die welstand van ons eie gemeenskappe. Baie dankie aan elke gemeenskapslid wat kom help het met die projek. Ons hoop werklik dat dié sentrum ’n baken van hoop sal wees vir die mense van Brits,” sê Werner Claassen, voorsitter van AfriForum se Brits-tak.
“’n Lang pad lê nog voor, maar ons hoop om van hierdie sentrum van hoop ’n realiteit te maak, sodat vaardigheidsontwikkeling aangebied kan word en ons die gemeenskap kan herstel,” sê Willemien Barnard, plaaslike regeringsbeampte van AfriForum se Brits-tak.
Dankie Three Bushcuteers en Pleasureplant wat bome geskenk het vir hierdie projek.