Redenaar wen internasionale kompetisie

Imke Krige, ‘n student by die Gladdebekke Redenaarskool in Hartbeespoort het ‘n eerste plek behaal in ‘n internasionale redenaarskompetisie.

Imke Krige

Imke het saam met vyf ander sprekers Suid-Afrika by die Talent Bridge internasionale kompetisie verteenwoordig. Pole en Ierland was vanjaar die gashere. Imke het teen sprekers van 26 lande deelgeneem. Die kompetisie word bestempel as die Olimpiese Spele van kultuur.

“Imke, ons is so bly jy is n Gladdebek,”het haar afrigter en eienaar van Gladdebekke, Pauli van Niekerk dié week gesê. “Die onderwerp van haar toespraak was: ‘n Hen moet net weet hoe om te kekkel. Hierdie hennetjie weet verseker hoe.” Pauli het Podiumpret en Talent Africa bedank wat vir sprekers internasionale vlerke gegee het. “Watn prestasie en oorwinning, nie net vir Imke, haar ouers, Gladdebekke, The Mountain Cambridge School, Hartbeespoort en Podiumpret nie; maar vir Suid-Afrika!”