
René van Zyl
Hartbeespoort se bekende skrywer, René van Zyl, se nuutste jeugroman word Saterdag, 26 Augustus, vanaf 11.00 by plaaslike Bargain Books in Village Mall bekend gestel. Die jeugboek, getiteld Tuimeltrein, is ‘n avontuur jeugverhaal wat in Hartbeespoort afspeel. Almal is welkom – van hoërskoolleerlinge tot elkeen met ‘n jeugdige hart wat lus het vir ‘n storie vol moord, aksie, avontuur en baie humor.