Die Die NG Kerk Hartbeespoort se Passiespele wat Maandag begin het, is ‘n treffer en is dié week met lof ontvang.

Die Passiespele beeld die kruisdood en opstanding van Jesus Christus uit en gemeentelede, oud en jonk, is die akteurs en koorlede.
“Elkeen van hierdie toneelspelers kom getuig van sy of haar dankbaarheid vir Jesus Christus, wat vir ons sonde gesterf het en Sy liefde wat elkeen van ons deur ‘n moeilike tydperk gedra het,” sê die kerk.Die laaste vertoning is Donderdag, 14 April. Moet dit nie misloop nie. Kontak 012 253 1991 en na-ure 072 818 2774 vir meer inligting. Kaartjies kos R50.00 (agter), R70.00 (middel) en R80.00 (voor).