The importance of staying active as you get older

Older adults can benefit mentally and physically from regular physical activity. There’s strong evidence that people who are active have a lower risk of heart disease, stroke, type 2 diabetes, some cancers, depression and dementia. Stronger muscles help reduce the risk of falling and improve the ability to perform the routine tasks of daily life.

Physical activity need not be strenuous to achieve health benefits. The loss of strength and stamina attributed to aging is in part caused by reduced physical activity.

Older adults can obtain significant health benefits with a moderate amount of physical activity, preferably daily.

Benefits of Physical Activity
Helps maintain the ability to live independently and reduces the risk of falling and fracturing bones.

Reduces the risk of dying from coronary heart disease and of developing high blood pressure, colon cancer, and diabetes.

Can help reduce blood pressure in some people with hypertension.

Helps people with chronic, disabling conditions improve their stamina and muscle strength.

Reduces symptoms of anxiety and depression and fosters improvements in mood and feelings of well-being.

Helps maintain healthy bones, muscles, and joints.

Helps control joint swelling and pain associated with arthritis.

If you want to stay pain-free, reduce your risk of mental illness, and be able to go out and stay independent well into old age, you’re advised to keep moving.

Consult a doctor before embarking on a strenous excercise regime.

Safety first

When you plan to go out, even if it is just for a short walk, tell someone where you are going and when you expect to return.

If you are going to the shops, never let your handbag dangle from its straps; keep it tucked tightly under your arm. If you are only taking along your purse or wallet, either carry them in the front pocket of your trousers or in an inside jacket pocket.

While shopping, never leave your handbag or anything of value, like a cellphone, unattended or in the trolley.

Unfortunately during these times, criminals are on the lookout for vulnerable targets and often prey on the elderly.

Beware of con artists

Be suspicious of anyone who tries to rush you into signing any kind of contractual agreement. Tell them that you want some time to read through the paperwork. Go through it very carefully or ask the assistance of a trusted family member, friend or adviser. Never give your personal details – including your credit card, identity or banking information – to anyone who randomly calls and asks for them. If you want reassurance, ask them for their details and verify those for yourself. Call them only once you are happy that the initial request was legitimate.

Dis belangrik om besig te bly

Evonne van Dyk, ‘n inwoner van Hartbeeshof Aftreeoord, maak op 81 nog haar eie huis skoon, kook, was wasgoed en glo jy moet na jou voorkoms kyk, want dit “laat mens goed en jonk voel”!.

Geniet jy die lewe in ‘n aftreeoord? Hoe is dit anders as die lewe daarbuite.
Ek en my man, woon nou 17 jaar in Hartbeeshof en ons kan getuig van 17 vreugdevolle jare. Ons voel geborge en veilig en geliefd. Dit voel of ons tuine strek van agter in die Oord tot voor by die hek. Van ons stoep af, hou ons die wilde voëltjies dop, voer hulle en praat met hulle en kry sommer n lekker geselsie in met die bure wat ook lief is vir die wonderlike natuur. Ons woon in n ruim huis, omring deur pragtige inheemse bome. Ons is lief vir tuinmaak en kan ons uitleef want die ruimte om die huise is groot. Dis wonderlik om by die hekke in te ry en te voel jy ry in ‘n eerste wereld in. Ons Oord word so netjies gehou en die uitleg is mooi, die paaie kronkel deur die Oord en is nie in blokke op gedeel nie. Ons voel hier soos een groot gelukkige familie.

Hoe hou jy jouself besig?
Ek is nogal baie besig. Ons versorg ons eie huis, tuin, kook, wasgoed en ek doen naaldwerk. As ek n tydjie oor het skilder ek, maar dis asof die dae te kort word om daarby uit te kom. Ek oefen twee keer per week in ons saal. Ek help een keer per maand met pannekoek bak. Ek korrespondeer ook met Europese vriende in Duitsland, Oostenryk, Belgie, Holland en Switzerland.

Is dit belangrik om besig te bly of moet mens dit nou rustig vat?
Dis baie belangrik om besig te bly en om dit, wat jy nog kan doen, te doen.

Is dit nog belangrik om mooi te lyk?
Ek dink dis baie belangrik om nog mooi te lyk, dit laat ‘n mens goed en jonk voel. Ek is ook nog ‘n agent vir skoonheidsmiddels.

Is julle steeds sosiaal?
Ja ons het baie vriende in die Oord, maar baie van hulle het al verhuis na versorgingsplekke. Gelukkig word hulle plekke deur jonger bejaardes, gevul . Ons het een keer per maand ‘n verjaarsdagtee waar ons almal se verjaarsdae vier en so leer ons mekaar beter ken. Ons eet en kuier ook almal een keer per maand lekker saam . Dis ook belangrik om goeie vriende met jou bure te wees. Ons kuier nie elke dag nie, maar ons is daar vir mekaar. Sou dit nodig word, kan ons enige tyd, dag of nag, op enigeeen se knoppie druk en hulle sal help.

Is julle gereeld met die kinders in kontak?
Ja, ons seun en sy gesin woon naby ons. Ons het ‘n permanente reëling dat ons jongste sesjarige kleindogter elke Vrydagmiddag by ons deurbring. Die ander volwasse kleinkinders besoek ons gereeld. Ons dogter woon al 23 jaar in Australië ,ons kuier elke jaar om die beurt. Een jaar hier en die volgende jaar daar.

Wat is die belangrikste boodskap vir kinders wie se oouers in ‘n aftreeoord is?
Spandeer meer tyd met jou ouers, as hulle nie meer daar is nie, gaan jy hulle mis en hulle gaan dit nie weet nie. Jy gaan jou ouers se foute vergeet, maar hulle gaan nie weet nie, vergewe hulle nou. Jy gaan mooi woorde by die begrafnis praat en blomme bring, sê liewer die mooi woorde nou.

Hoe ervaar jy die huidige Covid-19 pandemie?
Ek dink die Pandemie het die hele wereld laat besef dat daar baie meer belangrike dinge in die lewe is, as die gejaag na wind. Ten minste hoop ek, dit is so. Ek het ook besef hoe belangrik dit is om saam met familie en vriende te wees.