Car thief using a tool to break into a car.

Sewe karre is sedert die naweek in Hartbeespoort gesteel en twee pogings tot motordiefstal is aangemeld.

‘n Wit Toyota Yaris is Vrydagmiddag by ‘n restaurant naby die Hoërskool Hartbeespoort gesteel. Saterdagmiddag het motordiewe in Schoemansville toegeslaan en ‘n grys Toyota Yaris in Karelstraat gesteel.

Motordiewe het Sondag twee motors in Meerhof gesteel. ‘n Wit Volkswagen Polo is tydens ‘n kerkdiens Sondagoggend by die Katolieke kerk gesteel en ‘n wit Volkswater Polo in Jamesstraat, Sondagaand.

Maandag is ‘n oranje Ford Ranger by Village Mall gesteel and ‘n wit Ford Laser Dinsdagoggend by die Ifafi-sentrum. Woensdagmiddag is ‘n Nissan 1400 bakkie by ‘n skool in Melodie gesteel.

Daar was Vrydag ook twee pogings om voertuie te steel by Village Mall en Damdoryn. In albei gevalle is die deur oopgebreek en die aansitter beskadig.

Die Hartbeespoort gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) versoek weer kerke, restaurante en ander publieke instansies om hul sekuriteit op te skerp om diefstal van hul besoekers se voertuie te voorkom.

Also Read:

  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage
  • Categories: News
    Businesses rally together to improve and restore Brits