Hartbeespoort Helpende Hand en die GHS-Omgeeprojek beplan om vanjaar weer minderbevoorregte kinders te bederf met ‘n “Blessing Box” tydens die feesseisoen.
Lede van die gemeenskap word versoek om so houer vol “seëninge” te pak en deel te wees van die projek om klein harte bly te maak.
Wat is in ‘n Blessing Box?
• Kledingstuk
• Seep en tandeborsel
• Speelding
• Skryfbehoeftes
• Lekkergoed
• Boeke
Die bokse moet voor 25 November ingedien word. As jy graag ‘n spesiale Blessing Box wil opmaak, kontak vir Anoesjka by 082 619 9994 of Johanni by 074 289 3550.