Skopboksers van die Red Dragon skopboksklub het tydens hul eerste skopbokskompetisie 46 medaljes huis toe gebring en gaan nou Noordwes tydens die Suid-Afrikanse kampioenskappe in Mei verteenwoordig.
Die skopboksers is van links agter, Christopher Woods (2 goud, 1 silwer), Schalk Mc Carthy (1silwer, 1 brons), Damian Peacock (1 goud, 1 silwer), Declan Mac Gregor (3 goud), Nix du Plessis (3 goud), Walter Nel (1 goud, 2 silwer), in die middel, Ruan Groenewald (1 goud, 1 silwer, 1 brons), Franco Joubert (2 silwer), Corlea Grobler (1 goud), Alexander Mans (3 goud), Ronin Swarts (1 goud, 2 silwer), Jean Venter (2 silwer), en voor, Inge Joubert (2 goud, 1 silwer), Misha Alcarez (1 silwer), Rovuan Harrington (1 goud, 2 silwer) en Keenan Peacock (2 silwer, 1 brons). Baie geluk aan die studente en sterkte vir die SA’s.
Die skopboksers het 20 goue, 21 silwer en vyf bronsmedaljes verower. ‘n Junior Springbokspan word tydens die Suid-Afrikanse kampioenskappe gekies wat later vanjaar aan die wêreldkampioenskappe sal deelneem.