Swemmers presteer by StatebondspeleVier van Harties Reflections se swemmers het pas teruggekeer van die Statebondspele Lewensreddingkampioenskappe in Kanada en hulle het uitstekend presteer.
Suid-Afrika se nasionale span, waarvan Antonie Pieterse en Zanje van Rensburg deel was het algeheel derde geëindig. Die SA presidentspan waarvoor Christiaan van Eeden en Linique Rowles swem, het ook derde geëindig
Zanje en Linique is beide deur na die finale in hulle onderskeie items en het in die top 10 geëindig. Linique se aflosspan het drie brons medaljes gewen.
Christiaan van Eeden is deur na die finale en het ‘n individuele silwer medalje gewen. Die aflosspan wen ook ‘n silwer en twee brons medaljes.
Antonie Pieterse het ‘n individuele silwer gewen. Die span wen goud in die “line throw event” en ‘n silwer en brons medalje in die aflosresies. Baie geluk aan dié swemmers!

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident