Hartbeespoort Hoërskool het die eerste, tweede en derde plekke ingeryg by Hoërskool Brits se swemgala.
Die skool het 23 eerste plekke, 8 tweede plekke en 21 derde plekke gewen. Miré Greyling breek die 50m vlinderslag- en 50m vryslagrekords wat al van 2004 af staan. Die onder 15 aflosdogters breek een rekord terwyl die onder 15 aflosseuns en onder 19 aflosdogters elk twee nuwe rekords losswem.
