Een van Hartbeespoort se ikoniese landmerke, Tan’ Malie se Winkel se deure het gedurende die COVID-19-pandemie finaal gesluit en dié gewilde toeristeaantreklikheid se bates word op 28 Januarie opgeveil.

In ‘n Facebook-plasing op 7 Januarie, het Dynamic Auctioneers aangekondig dat oudehede en ander items van die unieke winkel aanlyn op die veiling verkoop sal word.

Dynamic Auctioneers het in die plasing gesê dit is hartseer dat die ikoniese Tan’ Malie se Winkel in Hartbeespoort na 99 jaar se geskiedenis en herinneringe gelikwideer is.

Van die bates wat verkoop sal word is ondermeer naamborde, meubels, koffiewinkel- en kantoortoerusting, yskaste en allerlei dekoritems wat dié winkel en restaurant uniek gemaak het.

Sedert die aankondiging het duisende mense op sosiale media die sluiting betreur.

Die gebou waarin Tan’ Malie se Winkel gehuisves was, is tussen 1921 en 1923 tydens die bou van die Hartbeespoortdam opgerig as kantore vir die waterwese departement. Die winkel het in die tagtigerjare sy deure vir die publiek geopen en was ‘n gewilde kuierplek vir toeriste en plaaslike inwoners.

Die winkel se bates kan op 26 en 27 Januarie by Dynamic auctioneers se perseel in Centurion besigtig word.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident