Tannie Sannie Delport van Huis Herfs in Schoemansville het laas Woensdag haar 98ste verjaarsdag gevier.
Tannie Sannie is ‘n geliefde inwoner van Huis Herfs vir die afgelope jare en is steeds uiters aktief. Sy oefen steeds elke dag en dring daarop aan om haar eie bed te maak. Tannie Sannie het vyf kinders gehad, agt kleinkinders en sewe agterkleinkinders. Baie geluk Tannie Sannie en ‘n voorspoedige jaar!