Die bekende Brits-skrywer van boeke soos Die lewe van Vaatjie Beukes, Tralies en Seat Covers vir ‘n Bakkie en die Tertstories-reeks, Herman du Plessis, gesels Dinsdag. 10 September, tydens die Hartbeespoort Boekklub se volgende byeenkoms by die Schoemansville Biblioteek. Dit gaan sorg vir ‘n heerlike lag-en-kuier-oggend. Die kuier begin 10:00 en boekliefhebbers moet dit nie misloop nie. Op die foto is Herman en Sandra du Plooy van die boekklub.