Die publiek het nou die voorreg om die bekende beeldhouer, wyle Tienie Pritchard, se ateljee waarin hy sy kunswerke geskep het, te besoek.

Tienie Pritchard se ateljee waar sy meesterstukke geskep is.

Pritchard is in Augustus verlede jaar weens Covid-19-komplikasies oorlede.

Sy vrou, Elna, het nou besluit om die ateljee vir die publiek oop te stel. “Die doel van die uitstalling is om Tienie as kunstenaar te herdenk en kunsliefhebbers die geleentheid te gee om sy uitsonderlike nalatenskap in die ruimte waar hy dit geskep het, te beleef,” sê sy.

Die ateljee huisves gipsafgietsels van sy werk wat oor ‘n tydperk van meer as vyftig jaar strek. Daar is ook ‘n versameling bronsbeelde wat te koop aangebied word. Die versameling van beeldhouwerke se impak is oorweldigend en dit beloof om ‘n belewenis te wees wat ‘n kunsliefhebber nooit sal vergeet nie.

Die uitstalling duur tot 31 Mei. Kontak Elna by 061 755 9787 of Milla by 084 708 3613 om ‘n afspraak te reel.

Also Read:

  • Categories: News
    Plaaslike vlieënier sterf in vliegtuigongeluk
  • Categories: News
    Husband in court after fatally shooting wife, stepdaughter
  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident