Die hoofbestuurder van die TLU-SA, Bennie van Zyl, is op 8 April ‘n gasspreker tydens ‘n Boeredag by Brits.

Die tema van die boeredag is kleinvee- en skaapboerdery en praktiese demonstrasies sal plaasvind. Ander gassprekers is Willie Clack en Phil Rawlins.
Die boeredag word by die perseel van André Kock & Seun Veilingskrale op die R511 gehou. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Jacques Fourie by 076 012 1075, of Hanna Scribante by 083 417 4699.