Twee persone is beseer, waarvan een ernstig, in ‘n botsing tussen ‘n bakkie en ligte motorvoertuig op die R511/R144-kruising in Hartbeesporot Vrydagmiddag. Albei beseerdes is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
