Twee beseer in Van der Hoffweg-ongeluk

Twee persone is Sondag in ‘n botsing tussen twee voertuie in Van der Hoffweg by Ten Rooms beseer.

Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) het ‘n ernstig-beseerde persoon op die toneel behandel voor hy na ‘n hospitaal in Brits vervoer is.