Twee persone is Dinsdag op die R511 naby die Multiplant-pad beseer toe ‘n trok se brieke gefaal het en die vragmotor ‘n voertuig getref het.

Die bestuurder van die kar het ernstige beserings opgedoen. Die vragmotorbestuurder is minder ernstig beseer. Albei is deur Harbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer.