Twee mense is Saterdagaand in ‘n huis in Ifafi geskiet toe twee oortreders mense in die huis oorval het.

Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Sam Tselanyane, was die eienaar (48) van die huis in Cannon Crescent in die sitkamer saam met sy vrou en nog twee persone toe die twee gewapende verdagtes hulle oorval het.

“Die verdagtes het balaklavas gedra en was gewapen met ‘n pistool en baksteen. Die mense in die huis is glo beveel om op die grond te lê en toe die huiseienaar hom teësit, het die gewapende verdagte skote afgevuur en twee mans is getref. Die verdagtes het hierna te voet gevlug sonder om enigiets uit die huis te vat.”

Die twee gewondes is na ‘n hospitaal in Brits vervoer.
“Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord. Die ondersoek duur voort en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Tselanyane gesê.

Also Read:

  • Categories: News
    Eleven miners die, 75 injured in mine accident
  • Categories: Crime, News
    Hartbeespoort man shoots mother and daughter
  • Categories: News
    Refentse residents again drowning in sewage