Drie mense is beseer toe twee karre Donderdagmiddag op die R556 gerol het. Die twee voertuie het kop-aan-kop gebots en die impak het albei laat rol. Drie mense het wonderbaarlik minder ernstige beserings opgedoen en Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) en ‘n ander ambulansdiens het die beseerdes na ‘n hoispitaal in Brits vervoer. (Foto en inligting: HEMS)
