Tweede Covid-19-geval in Hartbeespoort

‘n Tweede persoon in Hartbeespoort is Donderdag positief getoets vir die Covid-19 virus.

‘n Dokter in Hartbeespoort se spreekkamer het aan Kormorant bevestig dat die persoon twee weke gelede getoets is na hy van ‘n ‘krapperige’  keel gekla het. Hy was onlangs in Iran.

“Ons het die uitslag eers dié week ontvang. Ons het aanvanklik Woensdag ‘n negatiewe uitslag ontvang, maar Donderdag het die laboratorium laat weet ‘n tweede toets was positief,” het ‘n woordvoerder vir die spreekkamer gesê.

“Die persoon is nie siek nie en is in isolasie.”

Mense word dringend versoek om nie mediese praktisyns en ander pasiënte se lewens in gevaar te stel nie. As jy vermoed jy het Covid-19 simptome, kontak die dokter en lig hom/haar in. Moenie die spreekkamer binnegaan nie. Wag in jou motor dat die dokter na jou toe kom.

Sien ook

Well-known artist first Covid-19 case in Brits

First Coronavirus case in Hartbeespoort