Die Afriforum-buurtwag in Brits het Vrydag ‘n veiligheid-inisiatief geloods om die publiek maandeinde in die Brits-dorpsgebied te beveilig.

“Gemeenskapslede in Brits loop maandeinde deur onder ATM-rowe, voertuiginbrake, sakkerollers ens en daar is beslis addisionele sigbaarheid van veiligheidstrukture nodig om die oortreders af te skrik en misdaad te bekamp,” sê Stephan Roos, voorsitter van die buurtwag.
Die eerste operasie het Vrydag afgeskop in samewerking met die Brits polisie, MonitorNet- en Bidvest-sekuriteit. “Sigbaarheid is beslis ‘n afskrikmiddel vir misdadigers wat gemeenskapslede teiken. Die Brits polisie en sekuriteitsmaatskappye se betrokkenheid is bemoedigend en maak ‘n groot verskil in misdaadbekamping in die gebied.”
Daar word voortaan maandelikse operasies beplan.