Venica Roos ‘n Graad11-leerling van Hoërskool Meerhof neem eersdaags deel aan die Suid-Afrikaanse akrobatiese kampioenskappe na sy onlangs haar Noordweskleure verwerf het. Venica het haar Red-akrobaateksamen met ‘n persentasie van 100% geslaag en is bevorder na ‘Junior Teachers’-kategorie. Sy het ook met haar akrobaatsolo tydens die Kunswedstryd op 17 November 2020 goud verower.