Vier mense is Sondagmiddag beseer toe die bestuurder beheer van ‘n bakkie op die Bethaniepad verloor het. Die bakkie is van die pad af en het in die veld in bosse tot stilstand gekom.Vier persone het ernstige beserings opgedoen en is deur Hartbeespoort Emergency Medical Service (HEMS) na ‘n hospitaal in Brits vervoer. (Foto en inligting: HEMS)
