Die Vroue Landbou-unie se Brits-tak het onlangs die dansvloer laat bewe tydens hul besoek aan die Danstique Dansskool. Die lede is deur Joyce Greeff en Barbara Scholtz die passies gewys vir die Jerusalema en lyndans. Die jaarlikse afsuitingsfunksie vind op 11 November 2020 by Brits Rusoord plaas. Op die foto is Joyce Greeff, Mia van der Merwe, en Barbara Scholtz, eienaar van Danstique.