Wagposter is beste seunsdirigent

Corné Smith, ‘n graad 12-leerder van Die Hoërskool Wagpos, het op Vrydag, 14 Februarie, die titel as beste seunsdirigent ingepalm. Corné was die seunshoofdirigent vir die span van 70 sangatlete wat tydens Interhoër in Potchefstroom die atlete van die paviljoen af aangemoedig het. Ses skole het in die sangafdeling deelgeneem en Corné se borrelende entoesiasme het vroeg reeds die beoordelaars se oog gevang.

Corné Smith