Hartbeespoort-atlete na NWN- atletiekkampioenskappe

Die SPI Atletiekakademie in Hartbeespoort spog met 24 atlete van verskeie laerskole in Hartbeespoort en Brits wat dié naweek, 15 November, aan die Noordwes-Noord atletiekkampioenskappe deelneem. Hul afrigter, Salmon Pienaar, is ‘n bekende atletiekafrigter met 27 jaar ervaring. Hy het al verskeie SA atlete gelewer. Die klub is uiters trots op die atlete. Hulle is voor, Lowen Alberts (60m, 80m), James Rautenbach (60m, 80m), Kyle Grobler (60m, 80m), Karlize Bothma (60m, 80m), Lee-Shay Gouws (60m, 80m), Deandrè Grobler (60m, 80m), middel, Luanru Swanepoel (80m, 100m, hoogspring), Hardus van Zyl (80m, 100m, verspring), Antoni Gerber (80m, 100m, hoogspring), Jacques van Niekerk (80m, 100m), Annabelle de Kok (70m hekkies, verspring), Luhan Fourie (80m, 100m), Amorè Dippenaar (hoogspring), en agter, Larnu-Juan Swanepoel (diskus, gewigstoot, spiesgooi), Alexis Woeke (100m, 200m), Salmon Pienaar (Afrigter), Mischke de Kok (200m hekkies, 75m hekkies, verspring), Marinè Burger (200m, 200m hekkies) en Ricko Ellis (80m, 100m).
Miléna Kruger ( 60m, 80m), Mikaela Kruger (200m, 200m hekkies, 75m hekkies), Emma le Roux (200m), Merton Jacobs (100m, 200m, 200m hekkies), Amélie van Staden (verspring) en Aila van der Westhuizen (hoogspring) is afwesig op die foto.








